Read the below in English

1.      VOORSITTER

Mnr Buks Pieterse het weens persoonlike redes bedank en mnr Frik Nel is in sy plek aangestel – kontakbesonderhede:  of 083 235 3818.

Mnr Frik Nel is tans die enigste lid van die Vereniging.  Kobus Goosen is verantwoordelik vir die rivier.  Elke komiteelid van die BBV is per verantwoordelikheidsgebied indirek verantwoordelik teenoor die Bewarea.  Inwoners wat belangstel om by die Bewarea betrokke te raak, word vriendelik versoek om Frik Nel te kontak vir meer besonderhede.

2.      POSITIEWE VORDERING

  • Volledige inskakeling en lidmaatskap by MEP vir projekte in ons gebied.
  • Aanstelling van ‘n voltydse beampte;  Graham Loxton.
  • Indringerbos venietigingsprogram uitgevoer in Klein-Brakrivier.
  • Instelling van Fauna en Flora DATA Basis werkboek vir Midbrak Bewarea.
  • Instelling van nuwe embleem vir ons Bewarea.
  • Ingryping deur die Bewarea by onwettige duinvernietiging in Kleinbrak.

3.      UITSTAANDE PROJEKTE

  • Informasie- en opvoedingsentrum/kantoor langs ablusie en speelpark by Kleinbrak strand.
  • Oprig van Bewarings Informasieborde by Informasiesentrum en langs die rivier.
  • Oprig en plasing van rusbanke en hout omhulde vullisdromme op en langs die besoekers gebiede (strand en riviermond).

4.      VERWYDERING VAN SLANGE

Kontak gerus Graham Loxton – 071 755 1583 vir verwydering van slange.