Bewarea

Algemene Oorsig

1. Doelwit

Die doelwit van die Bewarea is om:-

die bewaring van fauna en flora te bevorder en om ‘n skoon en gesonde omgewing te verkry ooreenkomstig die regte soos vervat in Artikel 24 van die Handves van Menseregte.

2. Lidmaatskap

Lidmaatskap is oop vir enige eienaar of bewoner van grond binne die omskrewe bewaringsgebied, of enige ander belangstellendes wat die doelstellings van die Organisasie onderskryf.

3. Bestuur

Die Organisasie word bestuur deur:-

Voorsitter
Vise Voorsitter
Sekretaris
Tesourier
Hoogstens 6 addionele lede

Tans is daar slegs ‘n Voorsitter op die bestuur en belanstellendes wat op die bestuur wil dien kan die Voorsitter kontak by bogenoemde telefoon nommer of epos adres.