UITVOERENDE KOMITEE

Tydens die Algemene Jaarvergadering van die Midbrak Belastingbetalers­vereniging (MBBV) soos gehou op 20 Desember 2010, is die Uitvoerende Komitee, asook verdere koöptasie soos volg saamgestel:

FRAAIUITSIG

  • Charl Coetzer, 044 696 5927
  • Martin Smith, 044 696 6617 – Notules

KLEIN-BRAKRIVIER

  • Charl de Wet, 044 696 6446
  • Pieter le Roux, 044 696 6112

REEBOK

  • Piet du Plessis, 044 696 6692
  • Hennie Human, 044 696 6415

REEBOKHOOGTE

  • Frik Nel, 044 696 5947
  • Kruger de Wet, 044 620 4268

REEBOKRIF

  • Buks Pieterse, 082 468 7015 – Voorsitter
  • Jaco Hefer, 083 232 6129
  • Leon Kruger, 083 610 0552

RIVERSIDE

  • Terrie Terblanche, 084 405 4055

TERGNIET

  • Dawid Erasmus, 044 620 3189

TERGNIETHOOGTE

  • George Nezar, 044 696 6421 – Onder-voorsitter
  • Mike Wray, 044 620 3820

1.       DOELSTELLINGS VAN DIE VERENIGING

  • Om die belange van eienaars en inwoners van die Midbrakgebied te beskerm, binne die raamwerk van bestaande regulasies en wette wat deur plaaslike en provinsiale owerhede gemaak word.
  • Om ‘n aktiewe belangstelling van die inwoners in die bestuur van die Midbrakgebied aan te moedig.
  • Om met ander plaaslike besture of verenigings te skakel in die beste belang van die Midbrakgebied.

2.       SAMEWERKING MET MOSSELBAAI MUNISIPALITEIT

Soos u bewus is, is die Midbrakgebied voor die 2011 munisipale verkiesing deur die Afbakeningsraad verdeel en val inwoners noord van Impalaweg nou onder Wyk 4.  Die MBBV het dit goed gedink om die status quo ten opsigte van verteenwoordiging op die Komitee te behou.  Raadsheer Kallie Smit as Wyk 4 se raadslid woon dus ook maandelikse komiteevergaderings by.  Soos in die verlede, woon raadslid Gibo Gerber (Wyk 5) en verskeie munisipale verteenwoordigers die komitee se maandelikse vergaderings by.  Goeie samewerking vind plaas tussen komiteelede en munisipale amptenare.

3.       MUNISIPALE KAPITAALBEGROTING

‘n Grootse poging deur die komitees van Wyke 4 en 5 se insette sluit in die volgende dienslewering/ontwikkelingsbehoeftes:

“Quick Fixes”

Strate, paaie, sypaadjies, ens.

Stormwaterdreinering en sanitasie en riool

Omgewing en ontbossing

Regering en kommuikasie

Gemeenskapsdienste en sosiale behoeftes

Gesondheid

Plaaslike ekonomiese ontwikkeling

Elektriese netwerk

Gemeenskapsveiligheid

4.       INSTELLING VAN WYKSKOMITEE

Wykskomitees is ingestel ingevolge die Wet op Plaaslike Regering:  Munisipale Strukture, Wet 117 van 1998.  Dit word ook ingestel ingevolge die Munisipaliteit se beleid oor die instelling van Wykskomitees.  Gedurende 2010 is gepoog om sodanige Wykskomitee vir Wyk 5 op die been te bring, maar sonder sukses.

Aangesien dit ‘n nasionale regulasie is waaraan die Munisipaliteit moet voldoen, is daar nou Wykskomitees vir Wyke 4 en 5 gevestig.  Alhoewel Wykskomitees onafhanklik van die Belastingbetalerskomitee is, is dit vir ons aangenaam om u mee te deel dat verskeie lede van die MBBV tot Wykskomiteelede verkies is.  Verteenwoordiging van Wykskomitees is nie net beperk tot belastingbetalers nie, maar is voorheen benadeelde groepe soos Toekoms, Powertown en Brandwag se inwoners ook lede van Wykskomitees.  Ons bevestig dat die MBBV ‘n onafhanklike entiteit bly.

5.       SUKSESSE

Paaieprojek Midbrakgebied

‘n Volledige sensus is gedoen in die totale bewoonde gebied t.o.v. stormwater probleme, veiligheid, sig en die fisiese toestand van alle paaie met aanbevelings aan die Munisipaliteit vir herstel en opknapping.  Die resultaat van hierdie sensus is aan die Munisipaliteit gestuur as ‘n Midbrakinset vir die Gemeenskapsoriënteringsplan (GOP) vir ons gebied.

Brandstroke op erwe

Na aanleiding van ‘n berig in die “Mosselbaai Advertiser” oor die verantwoordelikheid van eienaars van erwe wat aan onbeboude gebiede grens, naamlik om brandstroke om erwe te hê, die volgende:  kommer bestaan oor die moontlikheid van vervolging van eienaars van erwe in Kusweg en Harrisstraat, wat grens aan die deel van Van Rensburgstraat, wat oortrek is van indringerplante en massas droë materiaal.  Volgens die verduideliking van die Mosselbaai Munisipaliteit, mnr André Strauss, is die eienaars van hierdie erwe, gevrywaar van vervolging.

Eienaars van onderstaande erwe word versoek om asseblief met Dawid Erasmus te skakel om onbeheersde plantegroei van die deel van Van Rensburgstraat wat in die duin loop, te bespreek:

  • Kusweg 287 tot 327
  • Van Rensburgstraat 67 tot 109
  • Harrisstraat 56 tot 72, 76, 80 tot 84
  • Luckhoffstraat 2 tot 10, 5de Laan, 4de en 6de Laan 3

6.        NUWE PROJEKTE

Proefneming met vullis-swart sakke

Indien sakke langs strate geplaas word op ander dae as wat die Munisipaliteit dit verwyder, lok dit “sakstropers”, in die volgende gedaantes:

1.         Tweebeen stropers, (bedelaars)

2.         Vierbeen stropers met skerp naels

3.         Vierbeen stropers met sterk bekke

4.         Gevleuelde stropers (meeue)

Na aanleiding van die voorgaande, het ons met die Munisipaliteit onderhandel en is hulle bereid om, teen groot koste, ‘n sentrale houer daar te stel waarin huiseienaars dan die vullissakke kan plaas.

Behalwe die koste aspek, is die mees algemene besware daarteen:

1.         Waar? (niemand wil so ‘n houer naby hulle hê nie.)

2.         Iemand moet aangestel word om deurlopend (ook snags) beskikbaar wees om oop te sluit anders word sakke net buitekant neergesit.

3.         Beswaar daarteen om, nadat motor reeds gepak is, eers sakke te gaan wegbring.  (Meeste mense vertrek vroeg soggens en op ander dae as wat vullis verwyder word.)

Proefneming:  Een van die MBBV lede is bereid om teen nominale vergoeding (net om koste te dek) u swart sakke uit te plaas op die dag van vullisverwydering.  Ons versoek u vriendelike samewerking vir ‘n skoner en veiliger omgewing.

Kontak en bespreek dit met: Dawid Erasmus , verteenwoordiger Tergniet op die MBBV.  Tergniet: Kusweg 299, Tel: 044 620 3189,  Faks: 086 645 6191, Sel: 082 576 9256 of E-pos adres: ">

Versoek:  Hersonering gedeeltes no. 143, 140, 142, 331, Midbrakgebied (area tussen N2 en R102)

Die Vereniging het beswaar aangeteken teen die beoogde ontwikkeling.

Ventilasiepyp in Rooibokstraat (Erf 1698)

In antwoord op ons skrywe aan die Mosselbaai Munisipaliteit oor die onwelriekende reuk in die area, het die Munisipaliteit ‘n raadgewende ingenieur genader vir ‘n oplossing.  Weens verskeie redes kon daar nie ‘n oplossing gevind word nie.  Die slotsom is dat solank die gebied onderontwikkeld bly en die rioolvloei nie toeneem sodat die riool nie lank in die pompstasie se opvangruimte hoef te lê nie, sal die probleem van slegte reuke voortduur.

Geraasbesoedeling N2 en R102

Na die onlangse skoonmaak van ‘n groengordel van indringerplante, is inwoners nou baie meer bewus van die padgeraas.  Die Voorsitter het die Parkehoof gekontak oor die moontlike aanplant van inheemse bome in die gebied.  Hierdie projek is deurgevoer na die GOP .

Uitkalwing van rivierbank by Riverside

Hierdie is een van baie probleme in die Riverside gebied en behels insette van deur Departemente Nasionale- en Provinsiale owerhede en Plaaslik in die Werkskomitee.  Steeds besig met die Herstel- en Bewaringsplan van die Kleinbrak Estuarium.

7.       VORDERINGSVERSLAG VAN BESTAANDE PROJEKTE

Opgradering van Kusweg

Vyftig tot negentig persent van die stormwater- en duinerosie beheer is voltooi.  Skermrelings is aangebring en aandag is gegee aan die herstel van die plantegroei.  Die hele projek verloop tydsgewys nie volgens verwagtinge van die gemeenskap nie.

Powertown

Soos in die media bekendgemaak, is die Munisipaliteit besig met onderhandelinge met die nuwe eienaars van Hartenbos Landgoed – Fase 2. (Waarheen die inwoners van Powertown hervestig sal word).

Rioleringsprojek

Benewens gerugte, kan geen konkrete inligting bevestig word ten opsigte van hierdie projek nie.

I & J Visplaas

Geen finaliteit is nog bereik nie.  Die Munisipaliteit het appèl aangeteken en dié is nog hangende.

Polisiëring / Misdaad

Voorvalle van inbraak het die afgelope paar maande voorgekom, veral in Tergniet, Reebokrif en Klein-Brakrivier.

Volgens die jongste misdaadstatistiek het misdaad in die Midbrakgebied beduidend toegeneem.  Statistiek sluit huisinbraak, diefstal (motors en gewoon), aanranding en dwelms in.

Inwoners word versoek om die aanklagkantoor van die SAPD in Groot-Brakrivier enige tyd van die dag/nag oor probleme te bel.  Kontaknommers: 044 620 3361/2206.

Eienaars word versoek om ernstig aandag te gee aan elkeen se unieke veiligheidsituasie.

Opgradering van R102

Hierdie behoefte word weer aangespreek binne die nuwe Wyksrade.  As Belasting­betalersvereniging het ons teen ‘n muur vasgeloop aangesien ons skakelvermoë op Provinsiale vlak nie die ondersteuning kry wat verlang word nie.  Dit is ook duidelik in die Provinsiale Owerheid se 5 jaar begroting dat Provinsiale paaie geen prioriteit geniet en opsigte van instandhouding en opgraderings nie.

Rampbestuur

Na die onlangse oorstromings, is bevind dat die huidige Rampbestuursplan totaal onvoldoende is.  ‘n Skrywe is aan Dr Gratz gestuur waarin ons versoek dat ‘n nabetragtingsvergadering met rolspelers gehou moet word om toekomstige verwarring uit die weg te ruim.  Hierdie nuwe plan sal aanvullend tot die totale Klein-Brakrivierplan wees.

Tennisbane – Klein-Brak­rivier

Met die onlangse vloede was die Klubhuis en bane onder water, maar gelukkig is slegs geringe skade aangerig.

8.       BEWAREA

Die Herstel- en Bewaringsplan vir die Kleinbrak Estuarium is steeds in ‘n konsep planfase.  Die gebrek aan samewerking tussen departemente, konflik met die inwoners van Riverside en die aanvaarding van verantwoordelikheid t.o.v. geskiedkundige foute, hangende regsgedinge, ens. plaas ongelooflike tyds­beperkings op die sukses van hierdie projek.

Die gevoel is dat die goedkeuring van toekomstige ontwikkelings in ons gebied gestaak moet word.  Ons gebied is besig om oorbebou te word en die verlies van Fauna en Flora gaan heeltemal verlore.  Ons kan nie bekostig om net tevrede te wees met die paar onbeboude erwe in die gebied, as groen gebiede nie.  Om hierdie doel te ver­wesenlik, is dit noodsaaklik dat groot oop gedeeltes soos erwe 271 en 928, oorgedra word aan die gemeenskap as bewaringsgebiede.  Hierdie is baie makliker gesê as gedoen, aksies en planne om hierdie strewe te verwesenlik kom al baie jare.  Die grootste probleem in die pad tot sukses is dat hierdie gemeenskapsbehoefte tov van Erf 928 nie in lyn is met Nasionale prioriteite nie.  Ten opsigte van Erf 271, wat Munisipale eiendom is, is die skriftelike behoefte aan die Munisipaliteit gerig waar dit al maande lê.  Dit is duidelik dat hierdie behoefte van die gemeenskap nie as prioriteit gesien word deur die Munisipaliteit nie.

Die Bewarea is aktief betrokke in gemeenskaplike aktiwiteite van die Mosselbaai Omgewing Inisiatief en die Tuinroete Inisiatief.

Die Kusweg opgraderingsprojek  beperk tans enige inisiatiewe teen die seeduin aangesien die uiteindelike impak van die padkonstruksie eers dan bekend sal wees.  Intussen gaan mnr Alex van Zyl van Kusweg voort met die stelselmatige uitroei van indringerplante en die aanplanting van inheemse struike en plante om hierdie duin te beskerm.

Die skoonhou van die strand bly ‘n deurlopende proses wat deur die Munisi­paliteit gedoen word, en word hoog op prys gestel.

Persone wat belangstel om aktief by die Bewarea betrokke te raak kan gerus vir Buks Pieterse skakel by 082 468 7015.

9.       LIDMAATSKAP EN LEDEGELD

Alle eiendom eienaars wat hulle belasting ten volle betaal het, kwalifiseer vir lidmaatskap.  Ledegeld bedra R30 per jaar en is jaarliks betaalbaar.  U lidmaat­skap versterk ons hand en sal hoog op prys gestel word.

Indien u nog nie u ledegeld vir 2011 betaal het nie, of indien u sou belangstel om by die Vereniging aan te sluit, kan u die aange­hegte strokie daarvoor gebruik.

Lede wat verkies om ledegeld elektronies oor te betaal moet asseblief die depositostrokie tesame met die aangehegte skeurstrokie faks aan 086 666 1950.

10.     ALGEMENE JAARVERGADERING

Sal plaasvind op Maandag, 19 Desember 2011 om 10:00 in die Reebok­gemeenskapsaal.

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning.