‘n Bewusmakingsprojek om persele behoorlik te nommer, word deur die SAPD in samewerking met die Midbrak Buurtwag, geloods.
Die SAPD en ander nooddienste ondervind probleme met die opsporing van spesifieke adresse in noodgevalle, veral snags as dit donker is. Sommige persele is glad nie genommer nie en ander se nommers is nie duidelik sigbaar nie. Onnodige tyd word verspil om na plekke te soek in geval van nood.
Deur ‘n behoorlike reflekterende nommerbord op u perseel aan te bring sal die reaksietyd van nooddienste en die SAPD aansienlik vinniger maak.
Vir die doel word nommerborde, soortgelyk aan die wat die plase/hoewes reeds mee genommer is, voorgestel. Die bordgrootte is 100x300mm en word gemaak van “chromodeck” metaal en kan nie roes nie. Die syfers word van reflekterende viniel (“vynil”) gemaak en op die bord gemonteer (dit reflekteer in die donker as ‘n lig daarop skyn). Die agtergrond van die borde is blou (SAPD) om eenvormigheid te kry en is maklik sigbaar.
Die borde het kleefband agteraan waarmee dit vasgeheg kan word. Gaatjies kan ook deurgeboor word om dit met skroefies vas te sit in steenmure of dit kan met spykertjies op hout vasgesit word.
Die koste per bord beloop R100 en kan bestel word by Buurtwaglede, per selfoon, e-pos of sms. Verstrek u naam, straatadres en nommer, posadres en selfoonnommer. Items sal by u adres afgelewer word.
By voorbaat dankie dat u die projek ondersteun ten einde die nooddienste se taak te vergemaklik.
Vir verdere navrae kan Adjudant Offisier Schutte gekontak word by 082 820 7810.
Bestellings:
SMS / Selfoon 082 820 7810
VOORBEELD VAN BORD: